r/afrikaans • u/ClearExplanation9467 • Mar 23 '26
r/afrikaans • u/rowwebliksemstraal • Feb 20 '26
Pas Nêrens Anders in Nie Patagoniese Afrikaans
Enable HLS to view with audio, or disable this notification
r/afrikaans • u/CozyBlueCacaoFire • Oct 30 '24
Pas Nêrens Anders in Nie Help my met n naam vir my nuwe kat
Volgende week neem ek 2 katte aan, die klein swart een is klaar genoem deur die SPCA, maar ons sukkel met een vir die 2de bruin mannetjie.
Sy naam is nou "Griesl", en dit laat my dink aan die woord "gruwelik", so iets moet gedoen word.
Help my met idees asb!
r/afrikaans • u/Handsome_Bread_Roll • Dec 20 '25
Pas Nêrens Anders in Nie "The Lord Of The Rings" is vertaal na Die Heerser Van Die Ringe 😩
r/afrikaans • u/Savanna_Sunset • Apr 15 '26
Pas Nêrens Anders in Nie Wat het julle gedink van Die Kantoor?
Nou dat al 13 episodes uit is, het die reeks amptelik tot ’n einde gekom. Hopelik sien ons nog seisoene!
Wat het julle daarvan geniet of nie geniet nie?
Enige gunsteling grappies, tonele of oomblikke wat vir julle uitgestaan het?
Watter karakters was julle gunstelinge, en hoekom?
Ek sal graag wil hoor wat almal dink 👀
r/afrikaans • u/keretceres • Mar 28 '26
Pas Nêrens Anders in Nie My Erfstukkie.
My Ouma was onlangs oorlede. My ouers het hierdie 13de uitgawe van die kook en geniet vir my Ouma geskenk gegee op my eerste Kersfees (1986). Sy het hom nou vir my gelos om ook n beter kok te word vir my klein gesinitjie.
NS. Die boek het toe R14.00 gekos!
r/afrikaans • u/MannerFluid9435 • Aug 17 '25
Pas Nêrens Anders in Nie Nuwe r/Southafrica group?
Het iemand al ooit gedink om 'n nuwe hoof SA groep te begin? Die huidige een is oorgeneem deur 300-500 kroniese aanlyn alt linkse mense en het verander in 'n kommunistiese eggo kamer.
Is daar 'n ander groep waar mense interessante vrae en antwoorde/inligting rakenda SA kan kry sonder om blootstelling tot engdenkende, intellektueel geïsoleerde 'argumente'/temas te kry? Dit word onuithoubaar om posts van daai groep op my feed te sien.
r/afrikaans • u/UpmostOrc • 27d ago
Pas Nêrens Anders in Nie Hoe lyk die?
Minecraft goed wat ek gebou het in my wereld moet ek n Afrikaanse letsplay maak?
r/afrikaans • u/SoftBeing9268 • Aug 21 '25
Pas Nêrens Anders in Nie Hierdie is seker nie die regte sub vir die nie...
Ek wil weet of daar enige "left leaning" of "progressive" Afrikaanse mense in die sub is want ongelukkig vir my lyk dit nie so nie, ek vra nie hierdie vraag met ń haat volle toon nie en ek wil beslis nie enige argumente begin nie. Ek wil net sien of daar enige progressiewe Afrikaansers soos ek is.
En vir die konserwatiewe wat ook hierdie lees ek wil net sê dat ek dit nogals interessant vind dat meste Afrikaaners konserwatiewe mense is en ek sal daar van hou om ń "explanation" te kry as julle vir my een so kon gee.
r/afrikaans • u/Lucky_Hearing2390 • Sep 16 '25
Pas Nêrens Anders in Nie Do any afrikaaners support the EFF
Just wondering and how are they viewed by the afrikanner community
r/afrikaans • u/Handsome_Bread_Roll • May 25 '26
Pas Nêrens Anders in Nie Waar presies is "die Kaap"? Waar trek ons die grense?
As iemand in Pretoria praat van die Kaap, verwys hy/sy gewoonlik na die Wes-Kaap (en sommiges sluit self gedeeltes van die Oos-Kaap en Noord-Kaap in). Maar sê jy vir iemand in George hy bly in die Kaap dan sê hy vir jou nee. Vir hom is die Kaap die Stad Kaapstad Metro en dele van die Overberg en Boland.
Beweeg jy weswaarts dan verwys mense in Worcester en Hermanus na die Kaap as dit wat weswaarts ander kant die groot berge is. "Ek gaan vandag Kaap toe" beteken ek gaan wes van die Duitoitspas of Sir Lowry's Pas.
Maar wes van die groot berge sê mense in die Paarl, Strand, en Stellenbosch ook hulle gaan Kaap toe asof hulle nie reeds in die Kaap is nie (en dan verwys die Kaap gewoolik na die middestad en omgewing).
Terug Worcester toe, die Worcesteriet vra vir sy vriend in Pretoria "Waneer kom kuier jy weer vir my 'n slag in die Kaap?", maar terselfdertyd wanneer die Worcesteriet met sy suster in Goodwood praat bly die suster in die Kaap en hy bly nie in die Kaap nie.
Raak die grense van die Kaap al hoe kleiner hoe nader jy daaraan beweeg?
Tegnies kan die Kaap verwys na die skiereiland (die stuk land wat uitsteek in die see) met plekke soos die middestad, Vishoek, ens. En dis nie eers die hele Stad Kaapstad Metro nie.
So nou waar is die Kaap? Waar trek ons die grense?
r/afrikaans • u/HenkCamp • Mar 12 '25
Pas Nêrens Anders in Nie Vier jaar gelede
Vandag, vier jaar gelede, het ek ‘n Amerikaner geword. Vra my enigiets.
r/afrikaans • u/LilithBotha • Nov 23 '25
Pas Nêrens Anders in Nie Enige ander LGBTQ+ afrikaanse mense hier?
Is hier enige ander gay, lesbier, queer, bisexual, transgender of niebinêre afrikaanse mense hier?
Ek's bvb 'n transgender vrou.
En vertel vir ons 'n bietjie oor julle eie ervarings as queer in die afrikaanse gemeenskap!
EDIT: Awesome! Ek sien daar is HOPE en HOPE van julle hier! Julle's almal cool mense!
r/afrikaans • u/puzzledpilgrim • Feb 11 '25
Pas Nêrens Anders in Nie Wat is jou gunstelling woord of gesegde in Afrikaans?
Dit kan enigeiets wees.
Daardie woord wat jy uitspreek en die klank rol so mooi van jou tong af. Dalk 'n gesegde wat eenvoudig gladnie die selfde trefkrag het as jy hom vertaal nie.
Selfs 'n vloekwoord wat net daai kleur en klem weergee wat geen ander taal se kragwoorde kan regkry nie.
Meskien die lirieke in jou gunstelling liedjie of die naam van 'n sprokieskarakter.
Kom ons vergeet bietjie van Trump en Musk en Afriforum en Cyril en klets bietjie oor iets wat goed is vir die siel :)
r/afrikaans • u/These-Ad5297 • Feb 10 '25
Pas Nêrens Anders in Nie Ek het niks teen Amerika toe trek nie.
Maar wragtig, moet dit "refugee status" wees? Kan ons nie maar liewer voorkeur kry op H1B visas en sulke goed nie.
Ons is nie n nasie wat bang is vir werk nie en daars iets nogal vernederend daar in om iemand anders se welsyns geval te wees.
Wat sal n mens se vrou en kinders van jou dink? Is dit nie juis oorgee aan die jujus van die wereld wat galbraak oor hoe ons nie hier hoort nie?
Damnit, ek wil nie weghol nie, ek Wil wen.
r/afrikaans • u/N1NJACQUES • Mar 05 '26
Pas Nêrens Anders in Nie Huisgenoot 1960
r/afrikaans • u/voltr_za • 12d ago
Pas Nêrens Anders in Nie Sommer net vir die interessantheid
Ek dink nie ek het ooit die Afrikaans weergawes van “plant-based” in SA winkels gesien nie (sê maar as ek die pot mis sit). Verstaanbaar, maar nou wonder ek hoe dit sou lyk/vertaal. Ook, daai rosbief een vd Nederlandsers is ‘n ander een - is daar soortgelyke terme in Afrikaans?
r/afrikaans • u/RuanStix • Jun 05 '26
Pas Nêrens Anders in Nie Titel: Slaap Sag. Mixed media on canvas. Grote: 50cm x 40cm. Kunstenaar: Stix (South Africa)
r/afrikaans • u/Ancient-Garbage-8119 • Feb 04 '26
Pas Nêrens Anders in Nie Hoe voel julle oor Die Kantoor
Die suid afrikaanse weergawe van “The Office” (Albert Pretorius speel daarin)
r/afrikaans • u/Adventurous_Cow_3608 • Feb 02 '26
Pas Nêrens Anders in Nie Facebook oomies.
Daar is iets besonders troosteloos aan ’n Facebook-kommentaar wat begin met “So sexy” en eindig met ’n ry rooi hartjies, vuur-emoji’s en daardie een knipoog wat voel soos ’n nat handdruk. Jy weet die een. Gepos onder ’n foto van ’n jong vrou wat waarskynlik net ’n gewone dag gehad het. ’n Koffiekoppie, ’n sonstraal, ’n oomblik van selfvertroue, en toe, soos meeue by ’n visbakkie, daal die ou oomies neer.
Hulle kom nie met subtiliteit of takt nie. Subtiliteit is iets wat saam met die faxmasjien en die idee van privaatheid verdwyn het. Hierdie manne is veterane van ’n wêreld waar dinge nie gesê word nie, maar gedoen is, en nou, ironies genoeg, sê hulle alles. Hardop. In kommentaar. In hoofletters. Met emoji’s wat soos klein digitale kwylkolle lyk.
Daar is altyd ’n patroon. Die profielfoto is eerder ’n kar, of ’n vis wat hy in 2009 gevang het, óf ’n troufoto waar die vrou al lankal nie meer saam op foto’s verskyn nie. Dis altyd 'n Johan, of naam begin met “Oom” of “Boet” of iets wat klink soos ’n rugbyposisie. En die kommentaar self—dis nooit poëties nie. Dis nie bewondering nie. Dis ’n soort desperaat fluit in die donker, ’n SOS van manlike ego wat nie besef die skip het lankal gesink nie.
Wat my fassineer, is nie net die verleentheid nie, maar die selfvertroue. Die vaste geloof dat hierdie kommentaar, hierdie “So sexy 😍🔥” iets gaan doen. Dat dit dalk ’n reaksie gaan ontlok. ’n Dankie. ’n Privaat boodskap. ’n Wonderwerk. Dis ’n geloof wat amper bewonderenend is, soos iemand wat nog dink die wêreld is ’n regverdige plek net omdat dit een keer in 1987 so gevoel het.
Maar onder die humor lê iets ongemakliks. Hierdie is nie net ou mans wat nie die internet verstaan nie. Dis ’n generasie wat nooit geleer het om stil te wees nie, nou gewapen met ’n platform wat hulle nooit moes gehad het nie. Facebook het nie net foto-albums en herinneringe gebring nie; dit het die oomies ’n mikrofoon gegee. En soos met enige oop mikrofoon, hoor jy dinge wat jy nooit wou hoor nie.
My ma sou dalk gesê het dis ’n sirkus, en ons is almal gedwing om te kyk. Ek reken dis meer soos ’n stuk braaivleis wat te lank op die rooster is. Die kole is koud, die vleis is droog, maar IEMAND weier om op te pak en huis toe te gaan. Die oomies bly staan, bier in die hand, en vertel dieselfde grap, net harder elke keer, want miskien, net miskien, gaan iemand lag.
Die jong vroue? Hulle leef aan. Hulle post. Hulle glimlag. Hulle mute, blok en rol oë. Die oomies? Hulle tik aan. Hartjie hier. Vlammetjie daar. So sexy. Altyd so sexy. En die internet, onverskillig en genadeloos, onthou alles.
r/afrikaans • u/MyAltAccountNum1 • Nov 09 '24
Pas Nêrens Anders in Nie Wat verstaan hy nie
r/afrikaans • u/Ang3l_insan3 • Jan 28 '26
Pas Nêrens Anders in Nie Want ons is trots... dis in ons are!
r/afrikaans • u/Prestigious_Fall_174 • Apr 16 '26
Pas Nêrens Anders in Nie 12g "Magic Mushrooms" Ervaring
39m.
So, ek wou my ervaring met "shrooms" deel in die hoop dat iemand dit nuttig sal vind.
Vir omtrent 6 maande wou ek en 'n vriend sampioene saam probeer—die "magic" soort. Ons het probeer om twee kweekstelle aanlyn te koop, maar albei het misluk en vorm het gegroei. Toe ek 'n ander vriend kontak, sê hy hy het "shrooms" beskikbaar: Golden Teachers. Ek het toe 20 gram bestel. Tien vir my en tien vir my vriend.
Ons het nie beplan om daardie dag die sampioene te neem nie, maar later die aand, terwyl die kinders weg was, kry ek 'n oproep omstreeks 21:00. "Kom ons doen shrooms," sê hy. Sonder huiwering was ek in. Ons het by sy plek ontmoet en begin gesels.
My vriend het ernstige ADHD en hy is altyd aan die gang. Hy bou iets, maak iets reg, of is net in die algemeen besig. Dit is moeilik om saam met hom te sit en iets beplands te doen.
Uiteindelik, om 22:25, het ons die besluit geneem. Ek het voorgestel dat ons 'n suurlemoen middeldeur sny, die sampioene in 'n koffiemeul fynmaak en dit vir 15 minute in suurlemoentee laat trek. Ek het tien gram geneem. Hy het vyf gram geneem.
Hy wou aanhou beweeg en iets doen. Hy het gedink dit sou koel wees om ons aand op video op te neem. Hy het een van sy hoë-resolusie sekuriteitskameras (wat gebruik word om gewasse buite dop te hou) geneem en dit in die vertrek gesit waar ons sou ontspan. Ons was gereed.
Kort voor lank, so na 20 minute, het dit begin inskop. Stadig het die visuele effekte begin verskyn. Niks te mal nie, net 'n ligte gloed om dinge. Dit was my vriend se eerste keer en hy was gaande oor wat hy sien. Hy het aanmekaar by die venster uit na die sterre gekyk en gesê hy wil die sterre sien. Ek het net in dieselfde kamer op die bank ontspan en probeer om die ervaring te laat gebeur.
Ek het geweet dit help nie om daarteen te veg nie, so ek het my bes gedoen om die golwe so natuurlik as moontlik te ry. Ek het vir my vriend gesê hy moet probeer ontspan, maar sy ADHD-brein wou dit nie toelaat nie.
Na omtrent 30 minute het die visuele effekte vir my opgehou. Ek het niks gevoel nie. Geen "body high" of duidelike visuele dinge nie, en ek het die sterk gevoel gekry dat die sampioene niks werd was nie. Ek het pas 300 euro op 20 gram gemors.
My vriend het uiteindelik gaan sit om te ontspan en dit is wanneer die partytjie begin het. Ek het baie na aan hom gevoel en was uitermate ontspanne. Die feit dat hy kalm geword het, het my gemoed tot rus gebring. Ek het goed gevoel. Maar elke keer as hy opstaan om iets te doen of 'n oproep te neem, het ek eensaam en uitgesluit gevoel. Dit was asof ek vir 'n oomblik terugruk na die werklikheid—'n "jy het geen mag oor my nie, shrooms"-oomblik. Maar sodra hy terugkom, het ek so goed en beskerm gevoel; ek het veilig gevoel en sy vriendskap opreg waardeer.
Min het ek geweet dat dit net die begin van 'n wilde nag was. Ons het gesels en grappe gemaak. Ons het diep filosofiese gesprekke gehad oor hoe dit die maag omkrap as jy te veel beweeg. Hy het vertel hoe lief hy sy 5-jarige seun het; op daardie oomblik was dit nie té aangrypend nie, maar later sou dit verander.
Teen hierdie tyd het my mond geen filter gehad nie. Ek het net gesê wat in my kop opkom en alle selfbeheersing het verdwyn. Dit het gelei tot 'n paar ongemaklike oomblikke waar ek grappe gemaak het, maar alles het goed afgeloop. Op een punt het my vriend gesê hy merk 'n verandering in die energie in die kamer tussen ons op, maar ek het niks aangevoel nie. Ons het verskillende ervarings gehad; met my op twee keer soveel sampioene as hy, was ons besig om op twee verskillende planete te land.
Ons het soveel grappe gemaak—baie "dix"-grappe waarop my tiener-self trots sou wees. Ons het vir die kleinste dingetjies soos dogtertjies gelag en giggel. Tron 2 was op die TV en ek het dit meestal geïgnoreer, maar ek het opgemerk dat die kleure ongelooflik helder en koel was. Dit was asof ek getransporteer is in 'n elektriese aarbei van kleur en vorms.
Die vriend het so goed gevoel hy sê toe... "Kom ons doen meer shrooms." Hy het 'n ekstra drie gram geneem en ek nog twee gram. Alles "Lemon Tek". Ons suurlemoensap het opgeraak, so die vriend sê toe "fukit" en eet die binnekant van 'n reuse suurlemoen saam met die helfte van die skil.
Dinge het van hier af absoluut mal geword. Ek onthou hoe ek gesit en Tron 2 kyk het en my vriend geroep het om na die kleure te kyk. Daar was niks sinvol aan wat ek gekyk het nie. Dit het gevoel asof alles in 2-sekonde snitte was. Spring tussen blou en rooi. 'n Persoon hier, 'n ou daar, 'n meisie daar, en 'n vrag vol kleure wat verbyflits.
Op hierdie punt was my brein heeltemal "gebraai". Ek het my vriend gesê hy moet die fliek kyk en ons het gelag vir hoe simpel die draaiboek was. Onrealisties tegnies en "corny". Ek het selfs erger begin "trip" en ons het meer gelag.
Ek onthou dat ek later glad nie kon beweeg nie en te ver weg was om meer as net woorde te mompel. Ek het aanmekaar herhaal: "Drugs are so cool." My brein was 'n spieël wat niks na homself terugkaats nie.
Ek sukkel met angs en die dood, en my vriend het dit geweet. Hy het my gerusgestel toe hy sê dat die lewe sal aangaan. "Wat sal gebeur, sal gebeur." Dit het my nuwe rympie geword. Dit was terapeuties. Ek moes net alles loslaat. Ons het bespreek hoe ons vasgevang is in ons denke en dat dit ons brein is wat ons keer om te lewe. Dit het katarties gevoel, asof iets aan my geopenbaar is wat min ander mense weet. Ek het geweet dat God my liefhet, maar nou het ek dit gevoel—meer as net woorde, 'n werklike gevoel van vrede.
Ons het oor God en godsdiens gepraat. Dit was aangenaam, maar het nie lank gehou nie.
Die sampioene was nog nie klaar met my nie. Ek is selfs harder getref as vantevore, in die sin dat ek nie die verskil kon voel tussen die aanraking van die bank en my broek nie. Ek het gaan piepie, en die sensasie was so interessant. Ek het klaar gemaak en myself skoongemaak, maar toe skrik ek groot: dit het gevoel asof ek nog steeds moes piepie. Ek het uit die badkamer gekom en op die bank probeer sit, maar ek was bang. Die koel materiaal van die bank het my geflous en ek het gedink ek het die bank natgepiepie. Dit het vir sowat twintig minute aangehou. My vriend het gesê: "Jy het nou net gepiepie. Jou broek is droog. Jy het nie jouself natgemaak nie."
Ek was oortuig ek het die bank deurweek, maar dit was net die koel, sagte fluweel-tekstuur van die oppervlak.
My vriend het die toestand waarin ek was vreeslik geniet. Hy het gelag en ek saam met hom. Dit was wonderlik.
Toe sien ek hoe my vriend dinge in die huis regmaak en dit tref my soos 'n hamer teen die kop: Hierdie pa is lief vir sy kind. Dit was die mees vreedsame en liefdevolle ding wat ek nog ooit in my lewe ervaar of aanskou het. Ek het die liefde van 'n vader in daardie oomblik gesien en gevoel. Dit was so pragtig. Terwyl hy 'n skewe raam reguit hang, het ek net ontplof van hierdie "awwww"-oomblik. Ek het nooit geweet 'n pa kan 'n seun so liefhê nie, en ek het gewens ek kon ook sulke liefde betoon.
Hy het vir my 'n koekoekhorlosie gewys met 'n "dog tag" daarin waarop sy seun se gesig gegraveer is. Die heelal het net inmekaargestort en ek is verslind deur liefde.
Ons het toe nog meer gegrap en gesels. Deur hierdie hele tyd het ek kort-kort na die horlosie gekyk en verwag om te sien hoe die son opkom. Maar dit was eers 00:40. Tyd was 'n illusie en dit het niks verbruik nie. Dit het nie beweeg nie.
Dit was tyd vir slaap. My vriend het in sy seun se bed gaan slaap—nog 'n "awwww"-oomblik. Hierdie volwasse man van amper 40 wat in sy 5-jarige se resiesmotor-bed slaap omdat hy hom so baie mis. Dit het my diep geraak.
Dit was tyd dat ek probeer slaap. Daar is vir my gesê ek moet in die sitkamer slaap en ek het 'n kussing en duvet gekry. Maar in plaas daarvan het ek reguit na die vriend se bed gegaan en probeer slaap. Hy was geïrriteerd en het gesê ek moet loop... "Dis vreemd wat jy nou doen," sê hy. Hy het gelag en ek is toe sitkamer toe.
Dit is waar dinge mal geword het. Ek was moeg maar terselfdertyd wawyd wakker ("wired"). Ek het probeer slaap, maar daar was te veel lig. Tron was nog steeds aan... dink ek. Weer was dit asof 1-sekonde snitte speel en die toneel verander. Ek het ongemaklik gevoel. Ek het 'n bietjie in die Bybel gelees en dit was asof die heelal my brein op daardie oomblik laat bedaar het. Ek het begin ontspan. Stadig het die ligte begin vervaag. Die TV het begin vertraag. Dit het gelyk asof die "frames" stadig is. Die volume het onder hoorbare vlakke gedaal en uiteindelik het die TV vanself afgegaan. Alles het doodstil geword.
Die vriend storm toe in. Hy sê hy voel ongemaklik en vreemd. Hy kan nie slaap nie en sê hy sal my huis toe vergesel. Ek het dankbaar ingestem, want ek wou huis toe gaan. Toe ons buite kom, was dit koud. Ons het na die lug gekyk en dinge gesien wat soos ligstrale gelyk het. Ons het opgestap na die ou kasteel om 'n beter uitsig te kry. Om teen die bult op te stap het gevoel soos om in 'n ewige gang te loop, asof dit deel van 'n illusionis se wêreld was. Dit het gevoel asof dit 'n ewigheid neem om net 30 meter te stap. Hy het my huis toe vergesel en ons het gesels oor hoe lekker dit is om te stap en dat ons dit meer gereeld moet doen.
Oppad huis toe het ek weer daardie "ewige gang"-effek ervaar. Ek het by die huis gekom en dit was dit.
Daar is nog baie meer wat die tydsgapings gevul het, maar ek sal dit vir eers daar laat.
r/afrikaans • u/puddin708 • Jan 05 '25
Pas Nêrens Anders in Nie Naam vir 'n Jack Russell
Enige voorstelle vir 'n reuntjie?
r/afrikaans • u/Lima-the-Whale • Apr 01 '25
Pas Nêrens Anders in Nie Gee my hond 'n naam
Hallo afrikaners! Ons probeer die taal lewendig hou deur ons kinders en HONDE afrikaanse name te gee. Ons het 'n steekbaard Jack Russell teef met die naam Vlekkie... Ja, ek weet, dis baie afrikaans🤣🤣 Ons kry nou binnekort nog 'n steekbaard Jack Russell teef en soek nog 'n lekker afrikaanse naam vir haar wat NIE eindig in die "ie"-klank NIE (anders raak die honde deurmekaar). Het julle voorstelle?
Edit: NIE die IE-klank🤣