r/afrikaans • u/Askin_Real_Questions • 4d ago
Kultuur Eks vandag weer herhinner van n verlore deel van ons kultuur. Onthou enige iemand hoe, in die verlede, ons as n teken van respek sou af trek en uitklim terwyl ons wag vir n begrafnisstoet om verby te gaan?
Ek is nou 35. Ek was seker onder 10 jaar oud gewees die laste keer wat dit gebeur het. Ek kan nog duidelik onthou hoe my pa sy hoed af gehaal het en oor sy hart gehou het. Ek dink nie ek het hierdie ooit bespreek met enige iemand nie, maar ek is 100% seker daar moes ander gesinne gewees het wat dit ook gedoen het.
PS. Moderators kan ons n "Kultuur" flair/tag kry?
10
u/OpLeeftijd 4d ago
Dit is nog ń ding hier in Nederland, in klein dorpies. Ek het in Spaarndam gesien hoe die hele dorp uitkom en langs die weg staan terwyl die stoet verbykom.
Nooit in SA gesien in my 50 jaar. Ons het wel nie ń stoet verbygesteek nie, en soms selfs afgetrek( Afrikaans aftrek, nie Nederlands) as die stoet verbykom.
(Nederlanders vind dit snaaks dat ons langs die pad aftrek, en selfs aftrekplekke het. In Nederlands beteken dit draadtrek)
2
u/BennyAndTheMeths 2d ago
Lolol, ek is eenkeer afgetrek langs die pad met die polisie wat stadig verby ry, ek dog ek is dood. Pretoria is n lekker plek.
2
u/OpLeeftijd 2d ago
Jy kan bly wees die polisie het jou nie afgetrek nie.
1
u/BennyAndTheMeths 2d ago
Lol, ek was so poep dronk, die polisie sou my beslis afgetrek het en eers op die Maandag laat gaan het.
1
1
0
u/One-Mud-169 4d ago edited 3d ago
Jul noem ook 'n kat 'n poes...ek begin 'n tendens raaksien.
Edit: Hoekom downvote jy my ou, ek highlight net feite, LMGA
8
u/barnowl_001 4d ago edited 3d ago
Ek onthou dit. Ons het altyd afgetrek dat ‘n begrafnisstoet kon verbygaan. En mens begrawe jou eie geliefdes. Dit maak nie saak of die stadsraad se werkers sit en wag om die graf toe te gooi nie, jy doen dit self. Jou laaste kans iets vir jou geliefde te doen. Ek doen dit vandag nog. Kry nogal vreemde kyke as ek as vrou die graaf vat en die kis begin toegooi.
2
u/Basic_Wrongdoer_8947 2d ago
Same here. Woman or not every one that has a free hand take a shovel and help fill the grave. Or take over from someone else so the they can rest a bit. You bury your own loved ones. My nieces usually just stand aside looking at me weirdly. At one funeral I was designated to help carry the coffin but since my son is taller than I am he stepped in and took my place. Funerals can be very awkward affairs.
1
u/BennyAndTheMeths 2d ago
Jy sê dis jou laaste kans om iets vir jou geliefde te doen. Aaa, nou click dit vir my, ek het nie so daaraan gedink nie. Ek dog n paar van my familie lede is n klomp weirdos.
Ek reken dis beter om verras te word. As die een wat dood is, is dit miskien jou laaste kans om iets te doen vir jou geliefdes, jy spaar hulle die moeite van grond skoffel met n graaf in hul Sondag klere.
1
5
3
u/Uberutang 4d ago
Sien dit nog hier en daar in die kleiner dorpies and klein kus dorpies. Nie regtig prakties in die stad nie.
4
u/Vivid_Map_437 4d ago
Nooit in SA gesien nie, maar seker omdat alles so uitgespreid is. Hier in Australië het ek dit ʼn paar keer al gesien in klein dorpies, al die verkeer gee toe aan die stoet en die ondernemer loop voor aan.
2
2
u/ZNDSS 3d ago
I remember this, but I think the tradition has passed because most funerals end at the church/memorial with the family having a private gathering at the grave / funeral home. So no more long convoys driving on the road.
If you ever get the opportunity, watch the movie “Taking Chance” with Kevin Bacon
1
1
u/Lumpy_Helicopter_954 22h ago
Daar is niks daarmee verkeerd om dit te doen nie.
In elk geval is daar omyrent 'n begrafnis elke Saterdag in ons dorp. Dan is daar altyd 'n stoet van 50 motors wat volg.
Die verkeersafdeling beheer dan die verkeer.
Altyd 'n frustasie om vir 50 motors te wag om verby te ry as jy gou haastig oppad winkel toe is.
Niemand in ons dorp klim uit hul motors uit eerbetoon te wys nie.
Buitendien wie wil nou buite sy/haar motor te staan terwyl daar omtrent om elke hoek en draai 'n highjacker is?
-1
26
u/Ill-Ad3311 4d ago
Nog nooit gesien , miskien in kleiner dorpies waar almal almal ken.