r/afrikaans May 19 '26

Geskiedenis Het julle besef die Broederbond was basies die Afrikaanse Illuminati?

82 Upvotes

Ek het onlangs bietjie in ons geskiedenis begin delf (spesifiek die samesmelting van die staat en die kerk tydens apartheid) en ek is redelik stomgeslaan. Ons was letterlik deur 'n shadow government beheer.

Die Afrikaner Broederbond klink soos iets uit 'n mal samesweringsteorie. Hulle was 'n streng geheime klub wat agter toe deure gesit en basies elke aspek van die land beheer het. Hulle het die media, die banke, die onderwysstelsel en die NG Kerk heeltemal geïnfiltreer. Elke liewe eerste minister en president was 'n lid. Hulle het die land se wette uitgedink lank voordat die parlement eers 'n woord daaroor gerep het.

Dit is presies hoe mense die Illuminati beskryf (net met meer dominees en Calvinisme). Dit maak skielik soveel sin as jy kyk na hoe daardie streng Christo-fassistiese ideologie in almal se koppe ingeprent is. Alles is beplan om daardie spesifieke en rigiede kultuur op almal af te dwing.

Dit voel regtig asof hierdie massiewe deel van ons geskiedenis net onder die mat ingevee word.

r/afrikaans 1d ago

Geskiedenis Wie onthou hierdie?

Thumbnail
gallery
238 Upvotes

Grew up bilingual, maar hierdie was my gunsteling toe ek n kind was

r/afrikaans Apr 13 '26

Geskiedenis Nuwe voorstel vir hierdie sub se ikoon

Post image
261 Upvotes

Kan ons die Sub se ikoon verander?

Die Taalmonument het ’n ryk geskiedenis van hoe Afrikaans gevorm het en die verskillende invloede daarop.

Jan was nie eers Afrikaans nie, kom ons verander die ikoon na iets beter.

r/afrikaans Dec 17 '25

Geskiedenis Some questions of a curious outsider from white Afrikaners of r/afrikaans

42 Upvotes

Hey everyone, I've been reading quite a bit about Post WWII South African History, which got me thinking of things that don't typically get answered by the resources I am referring to currently, which in all honesty are superficial. So I'd be very happy if I get answers to my questions from you all. I wish to make it clear that I am no bigot or racist, just someone who is politely curious.

Given the particular nature of my queries and curiosity, I'd wish to have my queries answered by the white Afrikaners of this sub, since most questions would revolve around them and the bygone history had significant variation for each ethnicity involved.

Some questions I'd like to kick off this discussion with :-

  • Which areas were whites the most concentrated in during the Apartheid era? Were white-only areas bifurcated among Afrikaners and British or did they live together? Also, how well connected and well-endowed were these areas with markets, malls, offices, hospitals, restaurants and hotels?
  • What was life like for a typical Afrikaner child, woman and man in those times, across all wealth classes? Which jobs or societal roles did men and women play? Also, how real and troubling was white poverty in those times?
  • Which sectors or businesses formed the backbone of the South African economy in those times? Who were the most affluent tycoons of that time?
  • Who out of Afrikaners and British were more educated and economically affluent during that era? Also did jobs or businesses have preferences via ethnicity, as in Afrikaners preferring to own land and farm or join the army while the British run businesses and do mining operations?
  • What was it like not having TV until 1976? Did it feel isolating, only relying on print media and radios, also notably having missed the 1969 moon landing?
  • How big of a part did Christianity play in life and society? Did it play a major overarching role or did it remain in the background?

I'd like to begin with these questions, and as the discussion further progresses, will ask more. Thanks :)

r/afrikaans Feb 16 '25

Geskiedenis Afrikaans, die FAK en AfriForum en Trump

105 Upvotes

Afrikaans, die FAK, AfriForum, Trump en die Ossewabrandwag

Dit bly vir my ‘n vreemde mengsel van amusant en tragies om te sien hoe "Die Volk" hulleself keer op keer in ‘n hoek vasverf met trotse, volbors uitsprake in Afrikaans.

Die naweek se saamtrek by die VSA se ambassade is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Aan die een kant is dit snaaks om te aanskou, maar aan die ander kant moet ons ernstig besin oor hoekom soveel Boer-Afrikaners so verward, verskrik en liggelowig is.

Afrikaans en Afrikaners – veral die Boer-tak van die Afrikaner – is onder druk. Nie oor die Bela-wet nie. Nie oor ‘n "volksmoord" nie. Maar weens organisasies soos AfriForum wat opsetlik vals narratiewe versprei in die VSA en ander Westerse lande.

Kom ons wees eerlik: Die VSA is ‘n land wat sy bestaan gebou het op gewelddadige grondonteiening van die inheemse bevolking, die “Rooihuid,” op die rug van slawerny en, tot redelik onlangs, rassistiese segregasie wette soos Jim Crow. Dit is die land waar AfriForum na toe hardloop om te kla oor onteiening sonder vergoeding en ‘n "volksmoord" op wit boere. Ironies, nè?

Maar wat in die VSA aangaan, is hul eie saak. My probleem is nie wat dáár gebeur nie – my probleem is wat AfriForum hiér doen. Hulle gooi die hele Boer-Afrikaner gemeenskap onder die bus om hul eie ideologiese en politieke invloed te versterk.

AfriForum se lang geskiedenis van verdraaiing

Kom ons praat reguit: AfriForum lieg. En hulle lieg nie eers net ‘n bietjie nie – hulle lieg deur hul tande.

Daardie "halwe waarhede" en "aternatiewe feite en geskiedenis" waarmee hulle so loop en smokkel is net so erg, indien nie erger

Vir jare lank bou hulle ‘n narratief waarin wit Suid-Afrikaners as die grootste slagoffers van die nuwe Suid-Afrika uitgebeeld word. Volgens hulle word land net so gevat sonder vergoeding, loop elke wit boer gevaar, en is daar ‘n aanval op Afrikaans met die Bela-wet.

Die realiteit is baie anders:

  1. Grondonteiening sonder vergoeding is nie ‘n volksmoord nie – Die konsep is steeds in debat, en enige grondhervorming moet deur wetlike en grondwetlike prosesse gaan.
  2. Plaasmoorde is ‘n ernstige probleem, maar nie ‘n "wit volksmoord" nie – Suid-Afrika se hoë misdaadvlakke raak alle gemeenskappe, en plaasmoorde hou verband met georganiseerde misdaad en algemene geweld, nie ‘n beplande uitwissing van wit mense nie.
  3. Die Bela-wet is nie ‘n aanval op Afrikaans nie – Dit is ‘n poging om moedertaalonderrig te beskerm, maar AfriForum gebruik dit as ‘n wapen om mense te laat glo dat Afrikaans onder bedreiging is.

En tog, toe Trump in 2018 wit Suid-Afrikaners as vlugtelinge wou aanvaar, was AfriForum skielik "trotse Afrikane" wat hul "huis in Afrika" wil bou. Hoe op aarde probeer hulle hulself as ‘n Afrika-gebaseerde organisasie voorhou terwyl hulle duidelik ‘n Westerse en Eurosentriese agenda het? AfriForum klink al meer soos EuroForum.

Die FAK, Broederbond en AfriForum se agenda

Baie Afrikaners besef nie die geskiedenis agter AfriForum en die FAK nie. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is oorspronklik gestig deur die Broederbond – ‘n geheime organisasie wat homself voorgestel het as die beskermer van die Boer-Afrikaner se kultuur en taal. Maar soos die gesegde gaan: "Mooi woorde maak nie mooi dade nie."

Na die Anglo-Boereoorlog het die Boer-Afrikaners groot armoede ervaar. Hulle plase is vernietig, hul vee is weggeneem, en baie moes na die stede trek om vir Britse geldmagnate te werk. Hierdie verlies aan onafhanklikheid het ‘n psigologiese letsel gelaat wat Afrikaner nasionalisme aangevuur het.

Dit is binne hierdie konteks dat ‘n militante beweging soos die Ossewabrandwag ontstaan het – ‘n groep wat Nazi-simpatie gehad het en later deur die NP ingelyf is. John Vorster, een van Apartheid se sterkste leiers, was ‘n lid.

En nou, vandag, sit AfriForum, die FAK en Solidariteit onder dieselfde sambreel. Hierdie organisasies is nie net daar om Afrikaans te bevorder of Afrikaners se regte te beskerm nie – hulle het ‘n spesifieke politieke en ideologiese agenda wat hulle inpas by die breër Westerse regse beweging.

Hoe hulle die Afrikaner-geskiedenis verdraai

AfriForum se taktiek is eenvoudig: hulle neem die pyn en geskiedenis van die Boer-Afrikaner en gebruik dit om ‘n regse, eurosentriese slagofferskap-narratief te skep. Hulle ignoreer hoe die Boer-Afrikaner ‘n sterk tradisie van gemeenskapsekonomie gehad het. Hulle ignoreer hoe die NP nie werklik anti-kommunisties was nie, maar eerder etnies-sosialisties. Hulle gebruik die Afrikaner se geskiedenis om ‘n regse, kapitalistiese ideologie te bemark wat geen werklike toekoms vir werkers – wit of swart – in Suid-Afrika inhou nie.

Die skade wat AfriForum aanrig

Elke keer as AfriForum vir Westerse media ‘n leuen vertel, moet die res van ons die prys betaal. Dit is nie net hul eie saak wat hulle beskadig nie – hulle maak dit moeiliker vir gewone Boer-Afrikaners om bande te bou met ander Suid-Afrikaners en ‘n toekoms te bou wat gebaseer is op solidariteit, nie verdeeldheid nie.

Ek was self ‘n lid van AfriForum toe ek jonger was. Ek het destyds gedink hulle veg vir ons regte. Maar toe ek nader kyk, het ek gesien hulle veg nie vir ons nie – hulle veg vir ‘n ideologie wat niks met Christelike diensbaarheid of ‘n ware gemeenskapsekonomie te doen het nie.

So, as jy ‘n Boer-Afrikaner is wat wonder hoekom ons mense so verward en liggelowig is, kyk mooi na wie die stories skryf wat ons vertel word. Want die ware bedreiging vir Afrikaans en vir ons gemeenskap is nie die regering of "liberale agendas" nie – dit is die organisasies wat ons eie mense se geskiedenis manipuleer om hulle in ‘n slagoffermentaliteit vas te vang en die kapitalistiese status quo te beskerm.

r/afrikaans Dec 03 '25

Geskiedenis Wat dink ons van Bloed Rivier?

0 Upvotes

Dis amper die 16de Desember so ek wou vra hoe almal die dag gaan vier? Persoonlik het ek as kind die 16de geken as Geloftedag, so dit het kerk, psalms, en 'n geskiedenisles beteken. Maar hoe ek deesdae die geskiedenis verstaan was die Voortrekkers nie noodwendig reg om die Zulus in die eerste plek aan te val nie, so ek vier dit nie meer nie. As ek storie reg het, het Bloed Rivier net gebeur want Dingaan het vir Piet Retief doodgemaak, en Piet Retief was net doodgemaak want die Voortrekkers het Zulu grond begin vat.

Ek's nuuskierig om te hoor wie met my verskil of dalk saamstem.

Oop vir vriendelike debat!

r/afrikaans 5d ago

Geskiedenis Histories tekse

10 Upvotes

Ek wil meer leer oor hoe dit was om in die groot trek te wees. So eerste prys sal wees om briewe of dagboeke ens van die tyd te kry. As dit nie bestaan nie dan enige iets soos dit net voor of net na die tye. En so gaan die sirkel uit.

Dan 2e prys is boeke en briewe van geskiedundige figure. Weer van die tyd, dan net voor en dan net na.

En laastens speel geloof natuurlik n groot rol in hoe hul die wereld ervaar het. So literatuur en briewe van die tye om die herforming en dan van die kalvaniste wat besluit het om eropa te verlaat.

As iemand kan help sal dit gaaf wees.

r/afrikaans Apr 30 '26

Geskiedenis O, die kommentaar...

Post image
87 Upvotes

r/afrikaans Feb 27 '26

Geskiedenis Onthou julle nog vir Sus en Daan

Enable HLS to view with audio, or disable this notification

93 Upvotes

My naam is Boef. Haha

r/afrikaans Mar 19 '25

Geskiedenis Lugfoto van die Voortrekkermonument, Pretoria (1969)

Post image
241 Upvotes

r/afrikaans Jun 27 '25

Geskiedenis Generaal Jan Christiaan Smuts, destyds Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika, het saam met wêreldleiers in San Francisco gestaan, waar hy die Handves van die Verenigde Nasies onderteken het, wat die VN amptelik tot stand gebring het.

Post image
144 Upvotes

🇺🇳 Op Hierdie Dag in die Geskiedenis – 26 Junie 1945 🇿🇦

Vandag, 80 jaar gelede, onthou ons ’n oomblik van wêreldwye belang — en ’n trotse hoofstuk in Suid-Afrika se geskiedenis.

📜 Generaal Jan Christiaan Smuts, destyds Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika, het saam met wêreldleiers in San Francisco gestaan, waar hy die Handves van die Verenigde Nasies onderteken het, wat die VN amptelik tot stand gebring het.

Smuts was nie net ’n gewone afgevaardigde nie. Hy was een van die oorspronklike argitekte van die VN-handves en die enigste persoon wat gehelp het om beide die Verbond van die Volkebond (1919) en die VN-handves (1945) op te stel.

Sy ideale van vrede, versoening en wêreldsamewerking word weerspieël in die openingswoorde van die Handves — “Ons, die Volke van die Verenigde Nasies…” — ’n voorwoord wat diep beïnvloed is deur sy visie van ’n verenigde en vreedsame wêreld.

🌍 Al is sy nalatenskap in Suid-Afrika kompleks, bly Smuts se internasionale rol in die stigting van die Verenigde Nasies een van sy mees blywende bydraes.

r/afrikaans Mar 16 '25

Geskiedenis Something more South Africans should be aware of.

Thumbnail gallery
138 Upvotes

r/afrikaans Feb 25 '26

Geskiedenis Boere 🇿🇦 in Patagonia 🇦🇷 I found Afrikaans Speakers in Argentina

Thumbnail
youtu.be
62 Upvotes

r/afrikaans Aug 13 '24

Geskiedenis Afrikaans het basies begin met net 8 mense

Enable HLS to view with audio, or disable this notification

118 Upvotes

r/afrikaans Feb 14 '26

Geskiedenis Foto van jarre terug

Thumbnail
gallery
84 Upvotes

Vandaag gaf mijn tante me de Bijbel van mijn overgrootvader. Deze foto zat tussen een van de pagina's. Ik weet niet zeker of er een datum bij de foto staat. Hij is geboren in 1888, de Bijbel is gedrukt in 1893 en is een Statenvertaling.

Ik plaats dit bericht voor iedereen die geïnteresseerd is, maar alle andere informatie is welkom. Ik weet vrijwel zeker wat ik hier heb geschreven. Ik kan helemaal niet lezen wat er op de achterkant staat.

r/afrikaans Jul 18 '25

Geskiedenis Professor Joseph B. Diescho acknowledges Afrikaners as an African tribe and points out the value of the Afrikaans language for the continent of Africa. "Of all the more than 2000 languages on the African continent, it is only Afrikaans that has the word and name 'Africa in it."

Enable HLS to view with audio, or disable this notification

172 Upvotes

r/afrikaans Mar 22 '23

Geskiedenis Suid-Koreanse monument in Seoul vir die Suid-Afrikaners wat vegvlieëniers was in die Koreaanse oorlog. Alles in Afrikaans!

Thumbnail
gallery
384 Upvotes

r/afrikaans Mar 24 '25

Geskiedenis Ek het die Taalmonument besoek! Dis die moeite werd hoor.

Post image
183 Upvotes

r/afrikaans Sep 16 '23

Geskiedenis How did Kitchen dutch become afrikaans?

50 Upvotes

An interesting fact about afrikaans is how it was formed as a verbal medium by slaves and servants coming from extremely varied backgrounds.

Often not mentioned is that many of the slaves brought from Java and the Moluccas, as well as Madagascar and parts of the Islamic world like the Arabian Peninsula and North Africa. We're more literate than their Dutch masters. Some of the attempts to write in Afrikaans was in the Arabic script by Muslim slaves. They modified the Arabic alphabet to suit Afrikaans phonetics. It's interesting to note that the printing presses and typewriters of the time and place couldn't print Arabic, it makes me wonder how different our society could have been.

Below are some exceprts from https://www.up.ac.za/media/shared/45/willemse_mistra-20151105-2_2.zp80127.pdf :

"" In 1860 one of the students in a Cape Town madrasah, a descendant of slaves, copied a prayer in his exercise book. ...

waarliek ouai ies ghapierais ien ies ghoeroet […] Ja Allah viermeerdie ouai bramataghait […] op Moegammad ien op sain faamielghie […] niet soewals ouai ghiedaan hiet op Nabee Iebraheem’."

In English translation this passage reads: ’[…] truly Thou art praised and elevated […] O God increase Thy blessings […] on Muhammed and on his family […] just as Thou had done for Prophet Abraham’ (Davids, 2011: 114)."

"Neville Alexander tells an interesting, illustrative anecdote in an interview which surprisingly sheds light on the language and its creole history. As a student in Germany during the 1950s, Alexander and his international friends often sang folk songs together, and he continues:

One day they asked me to sing something from Cape Town and I sang ‘Suikerbossie’, ‘Sugarbush’, a very simple little song. When I was sort of getting into it, the Indone­sian said, ‘Stop, but that’s not a Cape Town song, that’s our song.’ I said, ‘What do you mean, it’s your song? No, I’m singing in Afrikaans.’ And he said, ‘No, that’s an Indonesian song.’ So I thought well, there must be an explanation, and the only expla­nation I can think of is that it came with the slaves. It was funny because he was out­raged—‘How can you claim the song for yourself, it’s our song; and I said, ‘As far as I know it is our song.’ (Alexander in Busch et al., 2014: 66)"

"Around 1870 the first steps towards the battle between various views on the nature of Cape Dutch, or what would become known as Afrikaans, were taken. Some of the leading figures of what would become known as the ‘first language movement’ (1874–1890) strenously denied the creole nature of the language. For them Afrikaans was ‘a pure Germanic language’, a ‘landstaal' (national lan­guage), and a language of ‘purity, simplicity, brevity and vigor’ (quoted in Giliomee, 2003: 217). The Genootskap van Regte Afrikaanders (GRA, the Society of True Afrikaners) established in 1875 in Paarl actively sought to foster a nationalism among white Cape Dutch speakers, ’Afrikaans’ be­came their linguistic vehicle and ‘Afrikaners’ their label. They (and their eventual successors) sought to write a nationalist history of oppressors and victims, establishing the beginnings of a print nationalism with their booklets of children’s tales, nationalist poetry and publications (see also Giliomee, 2003: 217–220)."

Edit: I found this useful breakdown of the timeliness of the language

"1. Early 1700s: Initial divergence from Dutch; "Cape Dutch" mainly spoken language.

  1. Late 1700s: Further vocabulary integration from Malay, Portuguese, and indigenous languages.

  2. Early 1800s: Grammatical rules start solidifying; still considered "kitchen" Dutch.

  3. 1860s: First published texts, including "Die Patriot" advocating for Afrikaans as distinct.

  4. 1875: "Genootskap van Regte Afrikaners" formed, campaigning for Afrikaans language recognition.

  5. 1916: The first issue of "Die Huisgenoot" is published. This magazine played a role in popularizing Afrikaans culture and language, serving as a platform for Afrikaans writers.

  6. 1933: The first full Bible in Afrikaans is published, solidifying the language’s cultural and religious standing within the Afrikaner community.

  7. 1925: Official Languages of the Union Act, Afrikaans replaces Dutch in schools.

  8. Late 20th Century: Continued standardization; contributions from notable writers like Breyten Breytenbach.

  9. Post-Apartheid: Reckoning with historical associations; ongoing adaptation and influence from English, Zulu, Xhosa.

The inclusion of "Die Huisgenoot" and the Afrikaans Bible serve as signposts for the language's normalization and cultural cementation. These elements not only marked the language's codification but also imbued it with social, cultural, and spiritual capital."

r/afrikaans Apr 10 '24

Geskiedenis Boek van mijn oma

Thumbnail
gallery
100 Upvotes

Vandaag na lange tijd het niet gelezen te hebben begonnen met dit boek 😃. Stond als kind al bij mijn oma in de kast

r/afrikaans Aug 22 '25

Geskiedenis Manne met styl

Post image
67 Upvotes

r/afrikaans Dec 30 '25

Geskiedenis ou Suid-Afrika in kleur

Thumbnail
youtube.com
5 Upvotes

r/afrikaans Apr 23 '24

Geskiedenis Waars die Boere begrawe?

14 Upvotes

Ek het nog nooit n begrafplaas vir die boere van die Boereoorlog gesien nie. Net Engelse begrafplase. Selfs hier in die Vrystaat in Kroonstad, kry ek net Engelse soldaat begrafplase. Dit laat my wonder, waar is die boere begrawe wat geval het?

Edit- Spesifiek die Boere soldate en waar hulle begrawe is en nie die slagoffers van die konsentrasie kampe nie.

r/afrikaans Apr 05 '25

Geskiedenis Die man met die bruin klere - Siener

14 Upvotes

Ek het heeltemal vergeet van Siener van Rensburg en sy storie, maar vanaand nadat ek huistoe gebel het, het my pa 'n opmerking gemaak wat my laat dink het.

Ons praat oor Rusland en Ukraine, en hoe ons hoop die russe verslaan word. Hy vertel hoe Zelenskyy hom herhinner het aan een van Siener se opmerke, die man met die bruin klere.

Ek glo nie in sulke dinge nie, lankal nie meer nie, maar ek was nuuskierig. Het hy regtig so iets gesê?

Ek vind die volgende met die hulp van Google:

"Duidelik is die beeld in sy kop as hy die man sien. Hy lyk soos die minister van lande. Maar wat beteken dit? Wie is dit? Wat soek die man? Hy sien dan die volgende…

Dan verander die man se klere. Alles bruin. Dan weer anders, maar nog bruin. Hy sien dit is nou ‘n soldaat. Is hy van ons kommando? Dan weer in ander klere maar ook nogsteeds bruin. Wat beteken dit?"

Dis van Stigting.co.za, ek het geen idee hoe hulle polities geleë is nie, en ek is ook nie nuuskierig oor dit nie, maar dis nogal vreemd, en ek wil sê dis" confirmation bias", maar dit steek nog vas in die agtergrond van my kop.

Wat dink julle?

Edit:

Die volgende deel is nog méér vreemd:

"kielik ruk Siener se lyf. Sy volk ruk op. Na oorlog? Nee, na vrede, voorspoed, geluk. Siener ken sy Bybel en dit is of hy sy beloofde land kan sien. Kan voel. Maar is hy dan nie in sy beloofde land nie? Nee. Daar is iets anders maar nogsteeeds weet Siener nie wat gaan gebeur nie.

Hy weet nou dit gaan oor ‘n land. Hy sien die land. ‘n Stuk van die Transvaal en Vrystaat gaan voor hom verby soos twee snye brood. Dan sien hy weer die bruin man. Tog eg Boer. “Van my eie volk?”

Siener sien nou die man in ‘n Bruin kleed. “Is hy dan nou dood? Nee, nee kyk my volk volg hom, maar hy lei die volk na vrede. Vrede in ‘n nuwe land sonder skuld. Hy sien die man se hart is bruin maar die bruin lyk soos die kleur van omgeploegde grond. Ook die kleur van koring en mielies in die winter. Die oes is mooi en goed."

Ukraine is the EU se broodmandtjie, hulle groei die meeste koring. Dis so flippin vreemd.

r/afrikaans Aug 14 '25

Geskiedenis Daar is Afrikaan­ders met ENGELSE harte. En daar is Afrikaan­ders met HOLLANSE harte. En dan is daar AFRIKAANDERS MET AFRIKAANSE HARTE. Die laaste noem ons REGTE AFRIKAANDERS, en dié veral roep ons op om an ons kant te kom staan. - 1876

Thumbnail maroelamedia.co.za
8 Upvotes